Local newsNewsNews

Lentefees en Kinderkarnaval in Sasolburg

Lekker fees vir oud en jonk om die lente te vier.

SASOLBURG. – Hier is nou ‘n groot lekkerte om erfenis naweek mee af te skop. NG Sasolburg Fontein gemeente hou ‘n Lentefees en Kinderkarnaval op Vrydag, 23 September.

Die pret skop af om 15:00 en die aksie duur tot 19:00.

Daar is ook ‘n spesiale koekversierkompetisie vir die jongspan en die manne. Kom kyk gerus na die aanskoulike soet pogings.

Marida Steurer het laat weet daar sal ook ‘n skopfietswedren en ‘n kruiwastootkompetisie gehou word.

Die Gr R Pom Pom meisies van Lumiére Primêr en Vaalpark Primêr se Cheerleaders gaan spesiale vertonings lewer.

Daar sal meer as genoeg wees om die groot honger na werk te stil en die dors te les. Hierdie beloof om ‘n baie lekker saamkuier-fees vir oud en jonk te wees.

Toegang is gratis. Kom deel in die pret.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button