Local newsNewsNews

Familie in skok oor seun wat doodgesteek is

Die familie van die 19-jarige Isaac Malebo is steeds in skok nadat hy Maandag (19 September 2022) koudbloedig deur 'n 17-jarige leerling van Vereeniging vermoor is.

VEREENIGING. – Die leerder van General Smuts High School het na bewering ingemeng by ‘n stryery tussen sy skoolmaats en leerders van Thuto Tiro Sekondê Skool.

Isaac se ma, Mamokete Malebo, kon die trane nie keer toe sy aan Sedibeng Ster, Vaalweekblad se susterspublikasie, vertel het hoe sy van die moord op haar seun uitgevind het nie.

Die 43-jarige ma van Ironside in De Deur het blykbaar ‘n foonoproep van Isaac se jonger broer ontvang, waarin hy haar meegedeel het dat Isaac met ‘n mes gesteek is.

Toe ons daar aankom het ek gesien hoe nooddienswerkers vir Isaac probeer help. Hy was binne in een van die ambulanse. Hy kon nie in daardie stadium met my praat nie

Ek was by die werk toe ek die oproep ontvang het. Ek is saam met my bestuurder na die toneel gehaas. Toe ons daar aankom het ek gesien hoe nooddienswerkers vir Isaac probeer help. Hy was binne in een van die ambulanse. Hy kon nie in daardie stadium met my praat nie,” vertel sy.

Mmamoiloa Malebo (tannie), Mamokete Malebo (ma) en Rachel Malebo (tannie) vertel hoe hulle uitgevind het dat Isaac met ‘n mes gesteek is. Photo: Sifiso Jimta

Later het een van die nooddienswerkers laat weet dat hulle hom na die MediClinic Vereeniging-hospitaal gaan neem. Hulle het alles gedoen wat hulle kom om hom by te bring, maar die wond was te diep. Hulle het hom later dood verklaar,” sê Mamokete.

Isaac was alles vir sy familie en sy sibbe. Hy was stout, soos enige ander kind, maar was nooit by enige iets ernstig betrokke nie,” het sy gesê.

Maandag was die eerste keer wat die skool my oor my seun gebel het. Ek het nog nooit enige klagtes ontvang dat hy boeliegedrag getoon het of by dwelms of bendebedrywighede betrokke was nie,” het die ma gesê.

General Smuts High School in Vereeniging. Foto: Argief

Mamokete voel die skool het haar seun in die steek gelaat.

‘Die voorval het ‘n paar meter van die skool af gebeur, maar daar was nie ‘n verteenwoordiger van die skool op die toneel nie, slegs skoolkinders en ‘n paar omstanders. Die skoolhoof was nerens te vinde nie,” vertel sy.

Mamokete sê haar seun was soos goud vir haar en sy sal hom altyd onthou vir sy warm persoonlikheid en stalende glimlag.

Steve Mabona, ‘n woorvoerder vir die departement van onderwys het die voorval bevestig en sy meegevoel moet Isaac se familie uitgespreek.

Volgens kapt. Fikile Funda, ‘n woordvoerder vir die polisie in Vereeniging is ‘n saakdossier van moord geopen.

Die 17-jarige is in hegtenis geneem en word by die polisiestasie aangehou.

‘n 17-Jarige leerder van Thuto Tiro Sekondêre Skool is in hegtenis geneem en staar nou ‘n klag van moord in die gesig. Die verdagte is minderjarig en dus kan sy identiteit nie bekend gemaak word nie. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button