Local newsNewsNews

Hospitaal vier Erfenisdag

Die Mediclinic Vereeniging-hospitaal was Vrydag 'n smeltpot van verskillende kulturele invloede en tradisionele kosse.

VEREENIGING. – Die verskillende sale en departemente het aan ‘n trekking deelgeneem om te bepaal volgens watter spesifieke Suid-Afrikaanse kulturele tema hulle Vrydag (23 September 2022) moes aantrek.

Elke “etniese groep” moes ‘n tafel opstel met die spesifieke kultuur se kos en ornamente.

Volgens Kamogela Sathega, verhoudingsbestuurder by Mediclinic Vereeniging en Mediclinic Emfuleni, het almal op hierdie wyse die geleentheid gekry om meer van Suid-Afrika se verskillende kulture te leer en hul tradisionele kos te proe.

Die verskillende sale en departemente moes volgens ‘n kulturele tema aantrek. Foto: Verskaf
Personeel van Mediclinic Vereeniging in tradisionele Suid-Afrikaanse drag vir Erfenisdag. Foto: Verskaf
Personeel van Mediclinic Vereeniging het die geleentheid gekry om meer van Suid-Afrika se diverse kulture te leer en tradisionele kosse te proe. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button