Local newsNewsNews

Kwaadwillige vergiftigings van honde glo aan die toeneem

Die Three Rivers Veterinary Clinic waarsku in 'n verklaring wat verlede week uitgereik is dat gevalle van kwaadwillige vergiftigings besig is om toe te neem.

VEREENIGING. –  “Ons sien toenemende gevalle van kwaadwillige vergiftigings op die oomblik,” lui ‘n uittreksel uit die verklaring wat op 23 September op Drie Riviere Dierekliniek se Facebook-blad geplaas is.

Volgens die kliniek is boererate soos geaktiveerde houtskool en tuisbehandelings selde doeltreffend genoeg om die diere te red.

“Die beste is om heel eerste jou veearts te kontak, aangesien die effek van die gif tydgebonde is. Slegs die veearts beskik oor die spesifieke teengif en weet hoe om dit korrek toe te dien,” sê die Drie Riviere Dierekliniek.

Volgens die kliniek is dit dikwels ook nodig om die diere op ‘n drup te sit sodat binneaarse vloeistowwe toegedien kan word.

Die mees algemeenste simptome van vergiftiging is braking, diarree, spiertrillings, klein pupille.

Die gif wat gewoonlik gebruik word is Aldicarb – ook bekend as “Two-Step” en is swart/grys korrels.

Dit word volgens die Drie Riviere Dierekliniek in lokaas soos worsies, ham, salami of hoender gesit.

Inwoners word aangeraai om waaksaam te wees en op die grond en in die tuin te kyk voor hulle hul honde in die oggende uitlaat.

Dit is ook beter om die honde binne te laat slaap.

Back to top button