Local newsNewsNews

Min wat ‘n vrou nie kan doen nie

Vir die pret het 'n paar vroue hul staal met boor en sweismasjien in die hand gewys.

VANDERBIJLPARK. – Sukkel moet jy nie met vroue sukkel nie. Wanneer ‘n vrou besluit iets moet gedoen word, dan kan dit gedoen word!

Vat nou maar die kompetisie wat Saterdag, 24 September by Amfer Power Solutions in Vanderbijlpark aangebied is. 

“My Vrou Kan” het hulle dit genoem en die kompetisie oopgegooi vir enige dame wat lus is om haar slag met die tradisionele “manne gereedskap” te wys. Edward Swanepoel sê daar was 17 inskrywings.

Die opdrag was eenvoudig. Elkeen het 10 minute gehad om twee metaal stukke aanmekaar te sweis, gaatjies in te boor en dit aan ‘n stuk hout vas te skroef. Elkeen moes ook self die sweismasjien aanskakel en stel.

Die vroue het nie op hul laat wag nie en het een vir een die uitdaging aangedurf, natuurlik met die nodige verbale ondersteuning van die omstanders.

Die konsentrasie kon duidelik op elkeen se gesigte gesien word. So hier en daar is ‘n hand of voet bygesit om te help, maar uiteindelik het elkeen sy “meesterstuk” voltooi.

Mari Simpson is as die wenner aangewys en het ‘n kontantprys van R2 000 ontvang, Roxzanne Booysen was tweede en het R1 000 verdien en Maritsa Lotttering se poging het haar ‘n derde plek en R500 in die sak gebring.

(Hierdie was ‘n tong in die kies pret kompetisie vir vroue wat regtig nie elke dag met ‘n boor en hamer werk nie. Die dae is al lankal verby wat tegniese rigtings en beroepe vir die manne gereserveer is.)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button