Local newsNewsNews

Musiekfees ten bate van kinderhuis

'n Lekker fees vir die hele gesin en dit alles vir 'n goeie doel!

MEYERTON. – Die Lerato Kinder en Jeugsorgsentrum in Kookrus bied op 1 Oktober ‘n groot musiekfees by die Meyerton sportgronde aan.

Die kinderhuis wat meestal uit Afrikaanssprekende kinders van 3 maande tot by 18 jaar bestaan trek finansieel swaar. Hulle is nie BEE gerigistreer nie en daarom is dit vir hul moeilik om donasies by besighede te kry.

Hul laat hul egter nie daardeur afsit nie en is gereeld besig met hul eie fondsinsamelingsprojekte. Die tehuis is reeds in 2007 by die Departement van Sosiale Werke gerigistreer, maar die staatstoelaag is te min om ordentlik na al die kinders om te sien.

Naas die musiekfees, beplan hul ook ‘n Donkie Derby in November en ‘n gholfdag in Maart 2023. Vir eers konsentreer hulle om alles in plek te kry vir Saterdag se makietie. Die fees staan amptelik bekend as die Vaal Opelug Musiekfees.

Die hekke open om 12:00 en daar sal hope eetgoed asook ‘n biertent wees. Die middagprogram sluit optredes deur Reborne, 4 Eva Young, Shaun Moller en RNK in. Wanneer die son begin water trek is dit tyd vir Elizma Theron, Ricky Faber, Caroline Grace en Loufi om die skare te vermaak.

Kaartjies is R100 vir volwassenes en R50 vir kinders tussen 6 en 13 jaar. Kinders onder ses jaar kan gratis ingaan. Bring gerus jou eie stoele of komberse om op te sit

Back to top button