Local newsNewsNews

Drie Riviere, ontmoet jou wykskomitee!

Die wykskomitee dien as 'n skakel tussen die gemeenskap en die munisipaliteit.

VEREENIGING. – Die rol van wykskomitees op ‘n plaaslike regeringsvlak is om betekenis te gee aan die begrip van “die mense sal regeer” en te verseker dat burgers insette lewer aangaande besluite wat deur die stadsraad gemaak word.

Net soos ander wyke in die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit het Wyk 1 (Drie Riviere) ook sy eie wykskomitee.

‘n Wykskomitee is ‘n demokraties verkose liggaam wat die belange van die gemeenskap van die wyk (‘n gebied van die plaaslike munisipaliteit met duidelike grense) op die hart dra en gereeld saam onder die voorsitterskap van die wyksraadslid vergader.

Die wykskomitee dien basies as ‘n skakel tussen die munisipaliteit en die gemeenskap, kan tot 10 lede hê en moet verskeie belangegroepe verteenwoordig.

‘n Wykskomittee moet minstens vier keer per jaar vergader aangesien wyksraadslede op ‘n kwartaallikse basis aan wyke moet terugrapporteer.

Die lede van Drie Riviere se wykskomittee is as as volg:

*Dalene Venter – Wyksraadslid vir Wyk 1 van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit

Dalene Venter, raadslid vir Wyk 1 van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit. Foto: Verskaf

Dalene Venter is die wyksraadslid vir Wyk 1 van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit (Drie Riviere) en dien as die voorsitter van die wykskomitee.

*Mike Maxwell – Wykskomiteelid vir Sport, Kuns en Kultuur

Mike Maxwell

Mike is die wykskomiteelid vir sport, kuns en kultuur en kyk ook na maniere om toerisme in Drie Riviere te bevorder en mense na die gebied te lok.

*Ruben Cloete – Wykskomiteelid vir Finansies en Inkomste

Ruben Cloete

Ruben is die wykskomiteelid vir finansies en inkomste. Ruben hanteer probleme rondom munisipale tariewe. Hy het tydens ‘n onlangse vergadering van die wykskomitee ook kommer uitgespreek oor die hoeveelheid onwettige ontwikkelings wat besig is om in Wyk 1 plaas te vind en druk op die infrastruktuur plaas. Dit veroorsaak ook probleme rondom elektristiteit en riolering en affekteer inwoners nadelig.

*Gerrie Coetzee – Wykskomiteelid vir Korporatiewe Dienste, Bestuur, sowel as Geslagte, die Jeug, Bejaardes ensovoorts

Gerrie Coetzee

Gerrie Coetzee is die wykskomiteelid vir korporatiewe dienste en bestuur. Hy verteenwoordig ook die belange van geslagte, die jeug en bejaardes (GEYODI/Gender, Youth, Elderly, etc.) op die wykskomitee.

*Johan Gericke – Wykskomiteelid vir Basiese Dienste

Johan Gericke

Johan se portefeulje sluit basiese dienste in. Hy kyk na probleme rondom die gebrek aan basiese dienste soos elektrisiteit, riolering, waterlekke, swak waterdruk en die stand van infrastruktuur in Drie Riviere. Johan kyk na die oorsake van die probleme en probeer oplossings vir die probleme vind. Hy maak dan voorstelle aan die wykskomitee oor hoe hierdie uitdagings aangepak moet word.

*Daniel Lumbala – Voormalige Wykskomiteelid vir Menslike Nedersettings

Daniel Lumbala

Daniel Lumbala was die wykskomiteelid vir menslike nedesettings en was getaak om oplossings te vind vir probleme rondom die bouvalle wat deur haweloses beset word. Daniel se portefulje sal binnekort deur iemand anders oorgeneem word.

*Miemie Goliath – Wykskomiteelid vir Gesondheid en Maatskaplike Ontwikkeling

Miemie Goliath

Miemie se portefeulje sluit in behoeftige begrafnisse (“indigent burials”), werkloosheid, armoede en gesondheidskwessies.

*Kelebogile Mahlatsi – Wykskomiteelid vir Landbou, Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling, Ontwikkeling en Toerisme

Kelebogile Mahlatsi

Kelebogile se portefeulje sluit in landbou, plaaslike ekonomiese ontwikkeling en toerisme. Sy kyk na onwettige ontwikkelings wat in Drie Riviere plaasvind sonder dat die regte prosedures gevolg word en tot gevolg het dat druk op die bestaande infrastruktuur geplaas word. Dit is glo een van die groot probleme waarmee die wyk worstel. Kele dien ook as die sekretaris van die wykskomitee.

*Gene Pienaar – Wykskomiteelid vir Omgewingsbestuur en Beplanning

Gene Pienaar

Gene kyk na omgewingsbestuur en beplanning in die wyk. Gene bied bystand en oplossings in gevalle waar bome omval en eiendom beskadig, waar boomtakke wat elektriese bedrading toegroei en sien toe dat bome en gras in parke gesnoei word. Een van die probleme waarvoor Gene oplossings probeer vind is die tendens van mense wat hul vullis tussen die gras in oop velde en parkgebiede strooi. Behalwe dat dit onooglik is veroorsaak die rommel dikwels dat grassny-toerusting beskadig word. Die feit dat die Redan-stortingsterrein onlangs gesluit is dra ook by tot die probleem van onwettige rommelstrooiing.

Mornay Foxcroft – Openbare Veiligheid

Morne Foxcroft

Mornay Foxcroft is die wykskomiteelid vir openbare veiligheid en is getaak met die veiligheid in Wyk 1 van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit.

Indien jy met enige van die wykskomiteelede in verbinding wil tree, skakel gerus vir raadslid Dalene Venter by 082 335 8111 vir meer inligting.

Bronne: https://civicsacademy.co.za/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button