Local newsNewsNews

Top Gun verjaardag vir skoolhoof

Lumiére Primêr se leerlinge en personeel waardeer hul hoof, Lihan Kriel baie. Daarom maak hul seker sy verjaardag is elke jaar iets om te onthou.

VAALPARK. – Lumiére Primêre Skool sorg elke jaar dat hul skoolhoof, Lihan Kriel, behoorlik verras en bederf word op sy verjaardag.

Olga en Lihan Kriel met hul “vliegkaartjies” en “paspoorte” Foto’s: Verskaf

Hierdie jaar was geen uitsondering nie. Hy is Maandag, 16 September vroegoggend al verras toe ‘n vliegtuig by die skool opgedaag het.

Nadat hy en sy vrou, Olga elkeen hul “paspoorte” en “vliegkaartjies” gekry het, is hul een vir een op ‘n spesiale vlug geneem.

Teen 160 km/uur het hul oor die Vaaldam gevlieg en vier keer oor die skool waar die leerlinge op die veld vergader het om vir hul hoof te waai.

Die “vlugkaptein” en sy “kajuitpersoneel”

Happy Birthday was ook groot oor die veld geverf. Met meneer nog in die lug, het die kinders Top Gun in die saal gaan kyk.

Later is Lihan in die saal verwelkom onder begeleiding van Adrian van den Berg, een van die graad 1 A seuns, wat sy rol as “vlugkaptein” goed vertolk het.

Die personeel het ook saam met die hoof sy verjaardag gevier. Hy het gesê die dag was vir hom baie lekker en dat die vliegrit ‘n groot ondervinding en belewenis was.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button