Local newsNewsNews

Drieries beïndruk by Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (EBW) Olimpiade

Hoërskool Drie Riviere het onlangs sy staal in die Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (EBW) Olimpiade gewys.

Die Drieries se graad 8 en 9-Olimpiade spanne het nie net die Olimpiade in die Sedibeng-Oos distrik gewen nie, maar die graad 9-span het ook stof in die oë van 728 ander Hoërskole geskop toe hulle as wenners van die provinsiale Olimpiade aangewys is.

Dit is selde dat dieselfde skool die olimpiade in beide ouderdomsgroepe wen.

Die graad 8-span het ook uitstekend gevaar en het algeheel vierde geëindig.

Boonop het die skool verskeie komplimente vanuit alle betrokke oorde ontvang oor die leerders se puik voorkoms en gedrag.

Die skoolhoof, me. Adele van der Merwe, is baie trots en skryf dié allemintige prestasie toe aan hardwerkende onderwysers en leerders

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button