Local newsNewsNews

Plastic City se Zama-Zamas vasgevat

'n Multidissiplinêre span het saam met die polisie op Plastic City toegeslaan.

GAUTENG. – ʼn Multidissiplinêre groep bestaande uit lede van plaaslike gemeenskappolisiëringsforums (GPF’s), die openbare orde polisie, binnelandse sake, polisielede van Brakpan, die K9-honde-eenheid en die dierebeskermingsvereniging (DBV) het Woensdagoggend (28 September 2022) op Plastic City in Brakpan toegeslaan waar onwettige myners, meer bekend as Zama-Zamas, besig was met die beskadiging van infrastruktuur om hul onwettige mynbedrywighede uit te voer.

Kobus Hoffman, Vryheidsfront Plus se lid van die provinsiale wetgewer in Gauteng wat die polisie vergesel het vertel dat raadslede van die koalisievennote in die Ekurhuleni-metroaad en Gautengse wetgewerlede het oorsig gehou oor die operasie.

Die operasie is uitgevoer op versoek van inwoners wat naby Plastic City woon. Misdaad in en rondom die gebied gedy.

Hoffman sê: “Plastic City bestaan hoofsaaklik uit mense wat plastiekware bymekaarmaak, dit smelt en verkoop.
“Intussen het buitelanders hul intrek daar geneem en begin om infrastruktuur te beskadig. Teerpaaie, ondergrondse waterpype en kragkabels word opgegrawe om myners in staat te stel om hul goudproduksie te bedryf. Verskeie mynskagte hier is jare gelede gesluit.”

Tydens die operasie is 13 onwettige myners in hegtenis geneem, verskeie kruiwaens, waterpompe, hekmotors, kragopwekkers, tuinslange, tuingereedskap en meer is deur die polisie as bewysstukke in besit geneem.
Die DBV het ook agt mishandelde honde weggeneem.

Hoffman sê: “Koalisie-raadslede, gemeenskapsveiligheidsgroepe asook sekuriteitsmaatskappye sal gereeld betrokke wees by operasies in Plastic City om toe te sien dat onwettige myners hul werksaamhede stopsit.

“Die VF Plus, wat baie van dié soort operasies bywoon om ʼn oorsigrol te speel, bedank al die betrokke partye vir hul samewerking.

“Hierdie wetteloosheid kan nie toegelaat word nie.”

Die onwettige myners was besig was met die beskadiging van infrastruktuur om hul onwettige mynbedrywighede uit te voer. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button