Local newsNewsNews
Passop vir ‘sloot’ in Van Riebeeckweg, Vereeniging
VEREENIGING. - Wat as 'n paar potholes in dié besige pad begin het, het intussen in 'n 'sloot' ontaard wat die Van Riebeeck-dubbelweg in die rigting na Checkers Arconpark binnekort onbruikaar sal laat.

In die kort tyd wat ek langs die pad gestaan en foto’s geneem het, het ‘n paar voertuie te laat besef hoe sleg die pad se toestand is en is met ‘n harde slag daar deur.
Die meeste motoriste het egter kort voor die ‘sloot’ remme aangeslaan en dan baie stadig deur gery, terwyl ander verkies het om op die grond-gedeelte langs die pad om die ‘sloot’ te ry (die gedeelte is ook al uitgery). Sien fotobeeld hieronder.
In kort – die pad lyk gehawend, wees versigtig.






At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

