Vodacom Shop/Repairs: Steeds 1 van die beste in SA
Sedert 2000 is dit vanjaar die dertiende keer dat Vodacom Shop/Repairs Vanderbijlpark deel is van Vodacom se heel beste afsetpunte in Suid-Afrika.
Geborgde inhoud
VANDERBILPARK. – ‘n Selfoonwinkel wat in 1997 as ‘n klein tuisonderneming begin is, het die afgelope 25 jaar so gegroei dat dit vandag duisende selfoongebruikers se voorkeurplek is om ‘n selfoon te koop of te laat herstel.
Vodacom Shop/Repairs Vanderbijlpark is met rede in 2021 deur die Vodacom Groep as beste herstelsentrum in Suid-Afrika aangewys!
“In 2022 is Vodacom Shop/Repairs Vanderbijlpark as een van die Beste Handelaars in die Vodacom Groep aangewys en kan ons net ons Hemelse Vader, die heel beste groep werknemers en vir seker ons ondersteunende kliënte bedank,” sê mnr. Herman Crous, wat die leisels van Vodacom Shop/Repairs in Rossini-boulevard 139, Vanderbijlpark, saam met sy ma Elsa, suster Liezl en sy bestuurspan vashou.
Sedert die jaar 2000 is dit nou die dertiende keer dat Vodacom Shop/Repairs Vanderbijlpark deel is van Vodacom se heel beste afsetpunte in Suid-Afrika. Die sleutel tot hul sukses lê in uitstekende en deursigtige diens, gekombineer met ‘n strewe om altyd seker te maak dat Vodacom-kliënte die winkel gelukkig en tevrede verlaat.
“Dit is waarvoor ons lewe en werk by Vodacom Shop/Repairs Vanderbijlpark. Ons wagwoord is diens, diens, diens,” sê Herman.
“Mense beleef tans swaar tye, daarom maak ons seker ons kliënte kry die regte produk vir hul behoeftes. Alles moet 100% reg werk en by hul finansiële vermoëns inpas waar dit by sellulêre of internetdienste kom – vesel sowel as LTE.”
Die maatskappy is in 1997 deur Herman se oorlede pa (Manie Crous) en sy ma Elsa Crous as ‘n klein selfoonhandelaar van die huis af begin. In later jare het hulle die eerste GSM-selfoonhandelaar (Network Cellular) op die eerste verdieping in Vaalgate begin, en die res is geskiedenis.
Die behoefte aan ‘n goedgekeurde selfoonherstelsentrum in die Vaaldriehoek het vinnig gegroei en nadat Network Cellular by Vodacom Repairs aangesluit het, het Vodacom Shop/Repairs Vanderbijlpark sy deure in September 2009 geopen.
Vandag is dit steeds die enigste eenstop sellulêre kommunikasiebestemming in die Vaal en omliggende gebiede en ‘n trotse besigheidsvennoot van Vodacom.
Vodacom Shop/Repairs Vanderbijlpark het ook korporatiewe konsultante wat sakemense in die gerief van jou eie kantoor kan kom besoek en seker sal maak dat jou maatskappy se kommunikasiebehoeftes korrek en kostedoeltreffend beplan en uitgevoer word.
Die onderneming spesialiseer in:
* Nuwe Vodacom-kontrakte.
* Vodacom-opgraderings.
* Goedgekeurde selfoonherstelwerk vir enige netwerk.
* Bykomstighede.
* Vodacom Vesel vir jou huis of besigheid.
* LTE internetkonneksie vir jou huis of Business Vodacom.
* Versekering vir toevallige skade op jou selfone, skootrekenaars en tablette.
* Volle versekeringsdekking op nuwe en tweedehandse toestelle.
Besoek Vodacom Shop/Repairs Vanderbijlpark by Rossini-boulevard 139, SW 1, Vanderbijlpark. Kontakbesonderhede: (016) 981 6000/4 /6 of (016) 931 9837/40.Vodacom Shop/Repairs Vanderbijlpark se indrukwekkende gebou in Rossini-boulevard 139, SW 1.



***************************************************************

