Local newsNewsNews

Vaalpark Primêr hou Superheld-konsert

Vaalpark se revue het gekonsentreer op die held in elkeen.

VAALPARK. – Vaalpark Primêr het onlangs ‘n besonderse revue aangebied.

Die tema was The hero inside of me en elke klas het met oorgawe deelgeneem.

Die juniors leef hul in hul optrede in

Volgens Charmaine Kriek, die skool se skakelbeampte, het hulle besluit om vanjaar nie net nog ‘n konsert te hou nie.

“Ons deurlopende tema die jaar is dat ons glo dat elkeen ‘n ‘superpower’ het wat jy kan gebruik om jou lig in die wêreld te skyn.

“Valies glo ook absoluut dat waardes soos liefde, omgee, vriendelikheid, ens. van jou beste ‘superpowers’ is.”

Die juniors konsentreer hard op hul bewegings.

Die skool wou met dié revue hul jaar se tema en boodskap deel maak van die belewenis vir elke leerder, ouer en onderwyser wat hul vir die res van hulle lewe sal onthou.

Dit is presies was hulle met The hero inside of me reggekry het.

Al die leerders het met tonne entoesiasme en vreugde deelgeneem. Volgens Charmaine is hulle ook die eerste laerskool in die omgewing wat ‘n LED agtergrondskerm vir hul konsert gebruik het.

Die leerders het dit verskriklik geniet en almal praat steeds oor die opvoering.

Die goeie nuus is dat Vaalpark Primêr besluit het om elke ouer en leerder te bedank deur ‘n opname van die video en foto’s ter waarde van R150, aan elke leerder te skenk.

Soos Charmaine sê: “Dit was voorwaar ‘n ervaring vir die leerders en hulle families wat vasgevang is op skerm en nog lank onthou en gekoester sal word.”

 

Van die seniors wys hul talente op die verhoog.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button