Local newsNewsNews

Reeds 33 plaasmoorde op rekordboek vir 2022

TLU SA het na die moord op ‘n boer van Waterval-Boven, en ‘n boer van Delmas, in ‘n verklaring vandeesweek gesê hy is bekommerd oor die toename in plaasaanvalle. Die organisasie sê dat die wreedheid van die aanvalle ontstellend is.

Een plaasaanval of -moord, is een te veel. Namens TLU SA spreek ons ons medelye uit teenoor die families het  dr. Gawie Lötter, TLU SA Bestuurder: Veiligheid gesê.

Sedert 1990 is daar reeds 2203 plaasmoorde aangemeld. Teen 27 September was daar reeds 33 moorde vir 2022 op die rekordboek.

“Vir TLU SA wys dit op die opportunistiese optrede van misdadigers. Die politieke klimaat met gesprekke wat fokus op onteiening sonder vergoeding, binne-gevegte in die regerende party en oneffektiwiteit van die SAPD is van die faktore wat klimaat skep vir misdadigers om ekstra kanse te vat,” sê TLU SA

Die organisasie sê hy veroordeel hierdie plaasaanvalle ten sterkste en verwag van die regering en Minister van Polisie om dieselfde te doen en alle middele tot hul beskikking aan te wend om die misdadigers tot verantwoording te bring.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button