Local newsNewsNews

AfriForum Vanderbijlpark-tak beveilig minisubstasie

AfriForum se Vanderbijlpark-tak het op 4 September ’n minisubstasie op die hoek van Da Vinci- en Moerdykstraat beveilig. Die transformator was te groot om in die oorspronklike kas te pas, waarna die Emfuleni-munisipaliteit dit bo-op dié kas geïnstalleer het. Dit is net so oop en bloot gelos wat ’n gevaar vir die gemeenskap inhou.

Die tak het besluit om hierdie transformator toe te maak en te beveilig sodat kinders nie hulself kan beseer, of iemand maklik daaraan kan peuter nie. Die transformator is met sowat 1,8 meter Clear View-heining omhein.

“Dit is skrikwekkend dat die Emfuleni-munisipaliteit nie aan die gemeenskap se veiligheid dink nie en die transformator net so oop los.

“Met misdaad wat orals kop uitsteek was dit slegs ’n kwessie van tyd voordat die transformator gevandaliseer is,” sê Stephanus (Butch) Blignault, distrikskoördineerder vir die Wes-Rand.

 Mense wat by hierdie tak wil aansluit, kan ’n e-pos aan vanderbijlpark@afriforumtak.co.za stuur.

AfriForum het die transformator omhein vir inwoners se veiligheid.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button