Local newsNewsNews

Kom vier vrouwees by die ERT

'n Moet sien vir alle dans en musiekliefhebbers. Hierdie Sondag by die ERT in Sasolburg.

SASOLBURG. – Spesiaal vir al die dans en musiekliefhebbers. Ons eie Georgina Jacobs se Georgina’s Dance Studio bied op Sondag, 9 Oktober weer ‘n uitsonderlike produksie aan in die Etienne Rousseau Teater (ERT) aan.

Foto’s en video verskaf

Die vertoning was ‘n groot sukses in 2021 en hierdie jaar beloof dit om weer van vooraf te bekoor met ‘n kombinasie van ballet, kontemporêr en Spaanse danse.

Aangevul deur uitstekende visuele kuns van DVB Productions, gaan die dansers vrouwees op ‘n unieke  manier uitbeeld op die maat van ‘n wye verskeidenheid musiek genres.

Die vertoning is geinspireer deur Frida Kahlo se  ‘I am my own muse, I am the subject I know best, the subject I want to better”

Franz Geldenhuys en Almero Welgemoed verskaf die musiekbegeleiding. Beide is bekend as musikante in eie reg. Hul begeleiding gaan die vertoning nog meer spesiaal maak.

Dan wag daar ook ‘n bonus. Mzanzi Ballet gaan ook ‘n voorsmakie gee van hul The ABBA Show – A Cinderella Story wat hulle op 16 Oktober by die ERT gaan opvoer.

Kaartjies vir Woman in Art kan bespreek word by www.ertickets.com teen R150 per persoon. Die vertoning begin om 14:30. Gaan kyk gerus ook hier

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button