Local newsNewsNews

Kabeldief sterf na elektriese skok

Sowat 80 persent van die vermeende dief se lyf was oortrek met erge brandwonde.

 

Vereeniging is vanjaar 130 jaar oud. Vaalweekblad kyk hierdie jaar terug na nuuswaardige gebeure wat die afgelope jare hier plaasgevind het. Hierdie is een daarvan…

VEREENIGING. – ‘n Vermeende dief het op 12 April 2013 letterlik met ‘n skok agtergekom dat dit nie ‘n goeie plan was om elektriese kragkabels te probeer steel nie.

Die 28-jarige dief was die dag besig om ongesiens aan die kabels by die kragstasie in Generaal Hertzogweg, net voor die brug na die middestad, te werskaf. Hy het egter nie met kabels weggekom nie, maar met baie ernstige beserings toe iets skeefloop en skokgolwe deur sy liggaam geruk het.

Die nooddienste het hul na die toneel gehaas om die dief, wat sowat vier meter ver geval het nadat hy geskok is, se lewe te probeer red. Sowat 80 persent van sy lyf was oortrek met erge brandwonde en sy linkerarm het letterlik oopgebars. Hy het ook ernstige inwendige skade weens die elektrisiteit wat deur sy liggaam geblits het, opgedoen.

Die man is per ambulanshelikopter na die Baragwanath-hospitaal gevlieg, waar hy ‘n paar dae later gesterf het.

 

Kabeldiefstal gaan steeds voort in 2022 – Só word die kabels steeds deur kabeldiewe uitgegrawe by die lamppale langs Vereeniging se paaie!

*****************************************************************************

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button