Local newsNewsNews

Laerskool Kollegepark se Peter Pan

Van singende feetjies tot seerowers, dansende kabouters en natuurlik Peter Pan en Kaptein Hook was te sien op die verhoog.

VANDERBIJLPARK. – Laerskool Kollegepark se revue was ‘n groot sukses. Na maande se harde werk het die jongklomp behoorlik geskitter op die verhoog. Die tema was ELKE KIND SE NIMMERLAND.

Die skool het laat weet: “Wanneer ‘n skool 45 jaar jonk word, moet dit gevier word met ‘n revue. En so het dit gebeur dat Peter Pan by Laerskool Kollegepark kom kuier het, want dit is die skool waar ‘n kind, kind kan bly. Dankie aan elke leerder, ouer en onderwyser vir ‘n onvergeetlike ervaring.”

Een van die oumas, Corrie Speemans wat die vertoning bygewoon het, het op die skool se Facebookblad alles mooi saamgevat:

“Dankie aan elke personeellid vir jul harde werk tyd en onderrig. Ek het as n grootouer die konsert bygewoon en dit werklik geniet. ‘n Puik konsert. Kon die ure se afrigting sien. Weet wat dit behels om dit te kry van beplanning tot eindproduk.

“Dankie vir elke kind se bydrae. Julle was ongelooflik. Die plekaanwysers, dankie vir die puik orde anders was dit choas. Elke ouer dankie vir jou kind se deelname. Vir ons was dit n groot eer en voorreg om daarin te kon deel. Trots op Kollegepark. Julle is STERRETJIES.”

Magda Truter het weer laat weet: “Wat n heerlike aand. Elke maatjie en onderwyser het hard gewerk en ons mammas, pappas, oumas en oupas het elke oomblik geniet. Julle het gerock!! Die saal, die grimering die opvoerings. Puik is die beste antwoord. Dankie Kollegepark.. sowaar die beste”

Vir meer foto’s van die aand se opvoering, besoek gerus Laerskool Kollegepark se Facebookblad.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button