CommunityLocal newsNews

AfriForum en sangers beplan Kerskonsert vir Pioneer House se inwoners

Enige sakeonderneming of instansie wat graag ‘n bydrae wil maak deur byvoorbeeld die nagereg, lekkernye, wyn of koeldrank te borg, is welkom om Jan by 082 883 1789 te kontak.

VANDERBIJLPARK. – AfriForum beplan om op 25 November ‘n Kerskonsert vir die inwoners van Pioneer House aan te bied.

AfriForum, in samewerking met verskeie plaaslike kunstenaars, wil graag die jaar afsluit deur vir die inwoners ‘n bietjie pret en genot te verskaf.

Die spitbraai vir die dag word geborg deur Hercules Spitbraai, AfriForum en Pioneer House se bestuur.

Dit is ‘n private geleentheid slegs vir die inwoners van Pioneer House en ‘n paar genooide gaste.

Enige sakeonderneming of instansie wat graag ‘n bydrae wil maak deur byvoorbeeld die nagereg, lekkernye, wyn of koeldrank te borg, is welkom om Jan by 082 883 1789 te kontak.

AfriForum bedank graag die plaaslike kunstenaars wat die dag gratis gaan optree. Hulle is Neels Kriel en die gaskunstenaar Marie, Ruan, Leigh en The Wolfpack met Dave en Ulandi.

 

Sangers Neels Kriel en Marie. 
Sangers Dave en Ulandi van Wolfpack.
Sangeres Leigh

********************************************************

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button