VANDERBIJLPARK. – Saterdag, 29 Oktober wag daar ‘n aand vol opwinding en lekker lag by die Donkey Derby wat by die Curro Skool in Vanderbijlpark aangebied word.
Die geld wat ingesamel word gaan vir die groot fondsinsamelingsveldtog om Sebastiaan Kock (Basjan) se operasie te betaal.

Hy moet gaan om ‘n kolostomie om te keer, nadat hy verlede jaar erge inwendige beserings in ‘n motorongeluk opgedoen het. Lees meer hier en hier.
Nicoleen Harmse van UBee4Me (‘n nie-winsgewende organisasie) sê hulle het al by die R40 000 van die ongeveer R300 000 wat benodig word ingesamel. Daar is nog heelwat plek beskikbaar vir Saterdag se pretaan. Kliek hier vir meer inligting rondom die Donkey Derby.
Daar is ook steeds lootjie kaartjies beskikbaar teen RR50 per kaartjie. In die eerste loting is ‘n kruiwa gelaai met alles, van braaigoed tot drinkgoed, ter waarde van R3 000 op die spel.

Die tweede loting se prys bestaan uit ‘n spesiale “Goodie Bag” vir vroue wat ‘n magdom verrassings van skoonheidsprodukte tot by afslagkoepons insluit, ook met ‘n waarde van R3 000. Die trekking vir beide pryse vind 31 Oktober plaas.

Vir meer inligting, volg gerus die Facebookblad Basjan’s Colostomy Reversal of kontak Nicoleen by 084 598 1722 of Marita Peters by 082 957 9622.
Enige donasies is welkom.
Die bankbesonderhede is:
Rekeningnaam: U Bee4 Me Npc. Bank: Nedbank. Rekeningnommer: 1234826054.
