Local newsNewsNews
Suksesvolle gholfdag ten bate van Eureka
Eurekaskool waardeer die belangstelling en bydraes wat hul van die plaaslike sakelui ontvang.
VEREENIGING. – Die Eurekaskool het hul waardering uitgespreek teenoor die Vaal Traingle Dealership Forum nadat die forum ‘n gholfdag ten bate van die skool gehou het.

Die groot dag het by die Emuleni Golf & Country Club plaasgevind op Donderdag, 3 November.
Almal het die dag baie geniet met groot pret en wedywering op die baan. Na die dag se spel is ‘n tjek van R50 000 aan Eurekaskool oorhandig.

Meer foto’s van die dag is op Eurekaskool se Facebookblad te sien.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
