Local newsNewsNews

Ethiopiese burgers en SA vrou vas oor onwettige drank, sigarette en dobbel

Twee Ethiopiërs en 'n Suid-Afrikaanse vrou is Maandagaand (14 November 2022) in hegtenis geneem op aanklagte wat wissel van onwettige dobbel tot die besit van onwettige sigarette en drank.

MEYERTON. – Die mans sowel as ‘n Suid-Afrikaanse vrou is in hegtenis geneem tydens ‘n klopjag wat Maandagaand tussen 19:00 en 02:00 deur Misdaad Intelligensie (MI), die Meyertonse polisiereserviste, VR Security en Afriguard in Sicelo uitgevoer is.

Daar is tydens die operasie beslag gelê op onwettige drank met ‘n geraamde waarde van R14 000, sowel as onwettige sigarette met ‘n geraamde waarde van R3 500.

Daar is ook op twee dobbelmasjiene beslag gelê by ‘n onwettige dobblehuis.

Die verdagtes sal eersdaags in die hof verskyn.

Onwettige dobbelmasjiene waarop daar beslag gelê is. Foto: Verskaf
Onwettige drank ter waarde van R14 000 is gekonfiskeer. Foto: Verskaf
Onwettige sigarette ter waarde van R3 500 is gekonfiskeer. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button