Local newsNewsNews

Uit my pen – die week in Vaalweekblad

Vaalweekblad is weer van 16 November te koop. Hier is so 'n voorsmakie van wat jul te wagte kan wees.

Nadat ons amper begin winkels toe swem het, skyn die son darem weer hierdie week.

Ek hoor die manne vang weer vis langs die pad in Drie Riviere, die Vaaldam se sluise is oop en tot die Hartebeespoortdam en Olifantsnekdam is oorlopens toe vol.

So van vol gepraat, die week is die Vaalweekblad weer propvol nuus en gebeurlikhede. Lees wat gebeur die res van die jaar by die ERT.

Lekker nuus vir ballet en ABBA aanhangers is dat Mzansi Ballet se uitstekende, The ABBA Show – A Cinderella Story weer by die ERT opgevoer gaan word op 4 Desember.

Dit gaan goed met Basjan Kock. Nie net het hy onlangs met ‘n groot toekening by die NWU weggestap nie, die fondsinsameling vir sy groot operasie is ook goed op dreef.

Ons kuier ook by Eurekaskool se geliefde skoolhoof, Dr. Amanda Lombard wat na 40 jaar in die onderwys aan die einde van die jaar uittree.

In my rubriek, Ek sê maar net, vertel ek hoe nuwe stelsels ons amper ore aangesit het en noem so terloops hoe my arem wiskunde onderwysers altyd hul hande vol met my onvermoë tot syferwerk gehad het.

Geniet die sonskyn en mag beurtkrag julle nie te veel belemmer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button