Local newsNewsNews

Basjan – fondse is amper daar!

Die Donkey Derby was 'n reuse sukses en nou kyk die fondsinsamelaars na die volgende mylpaal.

VANDERBIJLPARK. – Sebastiaan Kock (of Basjan) het rede om breed te glimlag.

Die tabel wat aandui hoeveel geld reeds ingesamel is sodat hy ‘n noodsaaklike operasie kan ondergaan, is al ver oor die halfpadmerk kleurvol getooi.

Basjan met die tabel wat aandui hoeveel geld al ingesamel is.

Die dryfkrag agter die fondsinsameling is Nicoleen Harmse en haar nie-winsgewende organisasie, UBEE4ME. So ver is daar al R165 000 ingesamel en word daar nog R70 00 benodig vir die operasie om te kan plaasvind.

Die lotjie-kaartjies het goed afgeloop en hulle het R28 500 wins gemaak. Die pryse is opgeraap deur John Eloff en Julia Smit. Die groot treffer was egter die Donkey Derby wat 29 Oktober plaasgevind het.

Basjan en sy goeie vriend, Brandon Moolman tydens die Donkey Derby

Nicoleen sê sowat 140 mense het die geleentheid bygewoon en elke oomblik geniet. “Nie net het ons R121 500 op die aand ingesamel nie, ons het almal weer moed geskep vir die pad vorentoe,” het Nicoleen vertel.

Basjan se ma, Anita, het gesê Basjan het die aand ook baie geniet en hulle was dankbaar teenoor almal wat hul harte en beursies oopgemaak het. Sy is ook baie trots op hom, want hy is onlangs aangewys as NWU Vaal se Mees Toegewyde Hokkiespeler van die jaar.

‘n Puik prestasie onder omstandighede. Basjan het die hele jaar steeds sy hart uitgespeel ten spyte van die kolonoskopiesakkie wat nou verwyder moet word.

Hoewel hulle geen groot projekte verder vir 2022 beplan nie, is daar wel ‘n paar dames wat ingespring het en Kerskoekies bak om fondse vir Basjan in te samel.

Scan gerus hier indien jy ‘n bydrae tot die fonds wil maak.

Die koekies kan by Marita Seyffert (076 079 6819) of Reinette Kieser (076 685 5514) bestel word.

Vir meer inligting, volg gerus die Facebookblad, Basjan’s Colostomy Reversal. Enige donasies is welkom. Die bankbesonderhede is: Rekeningnaam: U Bee4 Me Npc. Bank: Nedbank. Rekeningnommer: 1234826054.

Die organiseerders van die Donkey Derby bedank graag die volgende mense en besighede vir hul bydraes en skenkings:

4 X 4 Megaworld Vaal, Alan & Alta Morgan, Alinca Accounting Services, Alinca Dames, AM Jenton – Gerhard & Rosa van Zyl, Andre & Anzel, Anton & Jenny van Dam & familie, Auqavac Industrial Cleaning, B. Spoilt.

Bajilla Maintenance, Brad, Carene, Chantelle, Christo, Ina & Willie Visser, Curro Vanderbijlpark, Ettienne Opperman, Ettienne vd Merwe, Indegnio Academy Vaal, Jannie, Joaneze, Lynett’s Nails, Marita & Dieter Peters, Marita Seyffert.

Model Bottel Stoor Meyerton, Neels Harmse, Nicoleen Harmse, Norman, North West University Men’s Hockey, Pieter & Sonja van Wyk, PSG Wealth – Therisa Broekman.

Quintin & Mel Henning, Raymond Hocknell, Ruan & Jaun-marie, Sandy Potgieter, Shaun & Ruan Balfour, Snap Wrap – Susan Geyser, Spur, Stephan Ramage, Sylvia Balfour, Tarryn Cadwell, Town Bowling Club, Ubee 4 me, Zerelda.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button