Local newsNewsNews

Mooi musiek, baie pret by die ERT

Annie, The ABBA Show - A Cinderella Story en nog vele meer by die ERT

SASOLBURG. – Die jaar is amper op sy rug, maar by die Etienne Rousseau Teater wag daar nog vele opwindende vertonings in November en Desember.

Die lekkerste nuus is dat Mzansi Ballet hul The ABBA Show – A Cinderella Story weer 4 Desember om 14:00 aanbied. Hul vertoning in Oktober was ‘n reusesukses en die gehoor (oud en jonk) het die musiek, dans en komedie geniet.

Herman van Niekerk het laat weet die vertoning is terug op aandrang van die publiek en behoort gou uitverkoop te wees. Moet dus nie wag nie, gaan maak vandag nog ‘n draai by www.ertickets.com.

Foto verskaf

Die jaar word afgesluit met die musiekale blyspel, Annie. Die storie van ‘n 12-jarige weeskind in New York se avonture saam met haar hond, Sandy en Mr Warbucks sal almal aan hul voete hê.

Boonop word die hoofrol vertolk deur die Vaaldriehoek se eie 12-jarige sangsensasie, Caitie Rock.

27 November is dit tyd om van die Kersfees-mistiek te ervaar met Kersmusiek uit die boonste rakke as The Chantileer Singers met Richard Cock weer hul Christmas Cracker aanbied. Die vertoning begin om 15:00.

Vir al die Drakensberg Seunskoor aanhangers is daar Woensdag, 30 November om 18:30 ‘n spesiale vertoning. Die Drakies is op hul Noël Tour en bied ‘n eenmalige vertoning in Sasolburg aan.

Die Drakies het ‘n eenmalige vertoning by die ERT op 30 November

Vrydag, 17 November kan Jay du Plessis se aanhangers naderskuif. Hy tree saam met die Elite Academy of Dance op in hul vertoning, Three Decades of Dance.

Hierdie is maar net van die hoogtepunte. Vir meer inligting besoek gerus die Etienne Rousseau Teater se Facebookblad of gaan na www.ertickets.com.

Op ‘n ligter noot. Teatergangers doen gereeld navraag oor die katte wat by die teater gesien word. Herman sê die Rousseau-katfamilie word tans ondersoek deur ‘n “katdame-versorger” en verskeie veeartste.

Herman sê: “Die feit dat ons daagliks die katte voed en skuiling bied, is ongelukkig nie altyd genoeg nie. Ons is baie lief vir die katte en lag soms lekker vir hul kattewales. Sommige van die katte kry soms onverwags luukse tuistes, terwyl die res maar al die teaterproduksies moet aanhoor in afwagting vir aanneming.

“Die katte se verblyf by die teater, verhoog natuurlik hul intelligensie en beskaafdheid met katte-skredes,” het hy geskerts.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button