Local newsNewsNews

Kom loer en toer saam met die fotograwe

Vandag kan jy in die gemak van jou stoel sommer ver buite die grense van die Vaal toer ... deur net te loer na die fotograwe se pragtige oes.,

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel.  Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie.

Die vereiste is egter dat die foto’s skerp en duidelik moet wees sodat dit mooi op die fotoblad vertoon.

Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vorige week op die web verskyn het word gekies om in die koerant te verskyn. Fotoblad 123 verskyn in die volgende Vaalweekblad/Ster.

As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059 met jou naam en van en van watter dorp jy is – nie meer as 5 foto’s op ‘n slag nie asb.

Maureen Cloete van Vanderbijlpark het die mooi foto in Australië geneem.
Amanda Vermeulen van Kempton Park het verlede week die foto in Parys, Frankryk geneem.
Cornelia Grobler van Port Macquarie, NSW Australië, het die mooi foto geneem.
André Schoonbee van Vereeniging het die pragtige foto op ‘n plaas in Namaqualand geneem.
“Vaalrivier in Vaaloewer” – Annetjie Smith van Vaaloewer het die mooi foto geneem.
Bennie Henning van Alberton het die mooi foto by die uitkykpunt in Pilansberg Wildreservaat geneem.
Annemarie Linde (oud-Valie) het op 12 November die mooi foto by Hartbeespoortdam geneem toe vier sluise oop was.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto in die Kaap geneem.
Carla Sharp van Vereeniging Marievale Bird Sanctuary geneem.
Casper Aucamp van Vanderbijlpark het die mooi foto in Clarens geneem.
Chris Swart van Kleinmond het die mooi foto geneem.
Bonita van Rooyen van Vereeniging het die pragtige foto geneem.
Chris-Mari Fourie van Vereeniging het die mooi foto van die 8 sluise wat oop was by Vaaldam geneem.
Christo Meintjes van Pretoria het die mooi foto by die Aalwynplaas geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere, Vereeniging, het die mooi foto onderweg na Springbok geneem.
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die mooi foto in Dubai geneem.
Fransie Stevens (oud-Valie) van Garsfontein het die pragtige foto by Mount Sheba, Pelgrimsrus geneem.
Estelle Kunneke van Sasolburg het die mooi foto by die EcoPark geneem.
George Stevens (oud-Valie) van Garsfontein het die pragtige foto in die Chobe Nasionale Park, Botswana geneem.
Maureen Cloete van Vanderbijlpark het die mooi foto van die Opera House in Sydney, Australië geneem.
Gerald Gower van Sasolburg het die pragtige foto geneem.
Hendrik Grobbelaar van Centurion het die mooi foto in die Rietvlei Natuurreservaat geneem. Belangstellendes kan sy Facebook: Hendrik Grobbelaar Photography besoek of kontak hom by 082 572 9187.
Ina du Plessis van Pretoria het die mooi sonsondergang foto in Kroonstad geneem.
Jack Behr van Vanderbijlpark het die mooi foto in Namaqualand geneem.
Jacques van der Linden (Crazy J Photography – 071 540 9669) van Meyerton het die kunstige foto geneem.
June Bartlett van George het die mooi foto in die Karoo Nasionale Park geneem. Besoek gerus haar Facebookblad JDL Photography.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto in Spanje geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Karla Oelofsen van Pretoria het die mooi foto by Can Picafort ,Mallorca (Spanje) geneem.
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto by die EcoPark geneem.
Lindell Preklasa van Vanderbijlpark het die mooi foto langs die Vaalrivier geneem.
Lindie Woods (oud-Valie) wat nou in Bangor, Noord-Ierland woon, het die mooi foto geneem.
Lorraine Jooste van Parys het die mooi foto by die hangbrug in Parys geneem terwyl die Vaalrivier sterk vloei.
Lounette Linde (oud-Valie) van die Kaap het die mooi foto geneem.
Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die pragtige foto geneem.
Mariana du Preez van Vereeniging het die besondere foto in Mosselbaai geneem.
Marietjie Barnard (oud-Valie) wat nou in Hermanus bly het die pragtige foto geneem.
Marizka Henzen van Krugersdorp het die mooi foto in die Kruger Nasionale Park geneem.
Amanda Vermeulen van Kempton Park het verlede week die pragtige foto van Boulevard Saint Michel, Parys, Frankryk geneem.
Monique Ackerman (oud-Sasolburger) – (Mystic Balance Photography) – van Winkelspruit, KwaZulu-Natal het die mooi foto geneem. Kontak haar gerus by 064 489 0284.
Natasha Tredoux van Johannesburg het die mooi foto geneem.
Michellee Eksteen van Sasolburg het die mooi foto geneem.
Marna Nel wat voorheen in Sasolburg gebly het, maar nou in Napier, Nieu-Seeland woon, het die pragtige foto geneem.
Shirley Jacobs van Drie Riviere het die pragtige foto geneem
Philip Strydom van Meyerton het die mooi foto geneem.
Sarina Small van Meyerton het die mooi foto geneem.
Scholtz Buys from Cape Town captured this beautiful photo.
Stefanie Lotter van Sasolburg het die mooi foto in Zanzibar geneem.
Tia-Maria Fourie van Drie Riviere, Vereeniging, het die mooi foto geneem.
Yvonne de Kooker van Brandfort, het die mooi foto op hul plaas geneem.
Amanda Erasmus van Alberton het die mooi foto in die Kruger Nasionale Park geneem.
Lindell Preklasa van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button