Local newsNewsNews

Vaal se psoriase ondersteuningsgroep groei

'n Ondersteuningsgroep vir mense met Psoriase in die Vaaldriehoek is gestig na 'n berig in Vaalweekblad.

VANDERBIJLPARK. – Lydia Felton, self ‘n psoriase lyer, het onlangs ‘n ondersteuningsgroep vir almal wat met die siekte sukkel op WhattsApp begin. Dit volg nadat sy oorweldigende reaksie op ‘n artikel oor haar pad met psoriase wat in die Vaalweekblad verskyn het, gekry het.

Lydia sê die mense trek ook almal emosioneel swaar omdat die samelewing hulle skeef aankyk oor die velkondisie. Die siekte tas egter nie net mense se vel aan nie, maar ook interne organe en veroorsaak psoriatiese artritis, ‘n baie pynlike kondisie.

“Dis regtig vreeslik hoe baie mense met hierdie siekte sukkel. Ek kry veral die staatspasiënte jammer want die plaaslike hospitale het nie eens die mees basiese room in voorraad om die mense te help nie.”

Lydia sê hulle ruil raad uit op die groep en probeer mekaar help en moreel ondersteun. “Dis hartseer dat baie mense steeds nie oor die siekte wil praat nie. Hulle kry skaam en wil nie eens uit hul huise gaan nie. Ek wil vir elkeen sê dis sommer nonsens. Ons kan niemand aansteek nie. Ons mag ook met kortmoue winkels toe gaan.”

Van die wenke wat sy het vir ander psoriase lyers is om hul vel so vogtig moontlik te hou. Gebruik sommer aquascreen vir babas. Dit gaan nie die psoriase wegvat nie, maar dit sal bietjie verligting bring.

Sy het ook geleer om haar dieet aan te pas. “Bly weg van suiker, blikkieskos en suiwelprodukte. Enige iets met te veel suur in is ook nie goed nie. Koop eerder vars groente as gevriesde groente en as jy dit self kan groei nog beter. Ek gebruik ook nou eerder seesout as gewone sout en het agtergekom rooipeper bring ook verligting.” Borrie help ook en sy gebruik dit nou gereeld in haar kos.

Een van die groeplede het ook voorgestel dat mense een maal per week ‘n bietjie Engelse sout (Epson salt) in hul badwater gooi.

Naas die wenke wat uitgeruil word, beplan sy om ook in die nuwe jaar soveel as moontlik van die ondersteuningsgroep bymekaar te trek vir ‘n ontmoet en groet aksie by ‘n plaaslike koffiewinkel. “Ek wil hê elke lyer moet besef dat jy jouself mag wees in jou eie wel. Dat dit okay is om daaroor te praat en dat ons nie hoef weg te kruip nie.”

Lydia doen ook nou deur die Jansen, ‘n afdeling van Johnson & Johnson, aanlynkursusse deur die Universiteit van Beirut. “Ek leer meer oor fondsinsameling, bemarking en pasiënt voorspraak. Dit sal my ongelooflik baie help om meer bewusmaking van psoriase te skep. Ons hoop om veral die mediese fondse te oortuig van nuwe behandelings asook die erns van hierdie siekte.”

Lyers wat graag by Lydia se ondersteuningsgroep wil aansluit kan haar kontak by 074 650 7926 of per e-pos by felton@hotmail.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button