Local newsNewsNews

Wanneer die hoof verjaar word daar baljaar

VANDERBIJLPARK. – Die Laerskool Emfulenipark het Vrydag 18 November ‘n water-, gly- en skuim kapperjol gehou om die hoof mnr. Frans van Kradenburg se verjaarsdag wat op 19 November plaasvind te vier. Die opblaas glybane en springkastele het reeds vroegdag soos sampioene voor die hoofpawiljoen op die skool se rugbyveld opgeskiet. Omstreeks 08:00 was al …

VANDERBIJLPARK. – Die Laerskool Emfulenipark het Vrydag 18 November ‘n water-, gly- en skuim kapperjol gehou om die hoof mnr. Frans van Kradenburg se verjaarsdag wat op 19 November plaasvind te vier.

Die opblaas glybane en springkastele het reeds vroegdag soos sampioene voor die hoofpawiljoen op die skool se rugbyveld opgeskiet. Omstreeks 08:00 was al die leerlinge op die pawiljoen slaggereed om vir die hoof te sing en sy geskenke te oorhandig.  Daarna was dit chaos soos die kinders laat spaander het by die opblaaspretpark uit te kom

Die “bubble”-pit was een van die groot trekpleisters vir die kleinspan wat geskatterlag het terwyl hulle van kop tot tone met seepskuim gespuit is.  Daar is ook volleyball en sokker gespeel. Diegene wat braaf genoeg was, het hoër glybane trotseer.  Dis darem lekker om kind te wees.

Dis mos hoe mens fees vier as die skoolhoof verjaar. Foto’s: Ettienne van Rensburg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button