Local newsNewsNews
Bring Hoop Vaaldriehoek takel Paardbergstraat in Vaalpark
Bring Hoop Vaaldriehoek het vandag, wat hulle as 'n lang warm dag op die pad beskryf, die groot taak aangepak om Paardbergstraat in Vaalpark te begin herstel.

“Ons het ‘n groot klomp slaggate reggemaak. Dankie aan die DA wat ook vandag daar betrokke was om ook herstelwerk te doen. Van
Bring Hoop Vaaldriehoek af wil ek graag dankie sê vir GSM Instandhouding wat altyd bereid is om te help met projekte in die dorp.
“Dan natuurlik die dames van Debonairs Vanderbijlpark wat vir ons heerlike middagete gebring het en Vaalpark Hardware wat vir ons veiligheidstoerusting verskaf het,” het Stephen Venter op sosiale media gesê.
Die organisasie bedank ook elke persoon wat teer geskenk het vir dié doel.
“Julle is die ware helde. Saam kan ons baie vermag. Ek wens ek kon sê die pad is heeltemal reg, maar onglukkig het die tyd ons ingehaal, maar ons sal binnekort voortgaan met die taak,” sluit Stephen af.
Inwoners kan Bring Hoop Vaaldriehoek ondersteun deur ‘n skenking te maak:
Boere Droogtehulp SA NPC
FNB
Rek no :62801333163
Tak kode :250655
Verwysing : Teer




At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
