Local newsNews

Wees versigtig vir dié uitbarstings van energie!

Kontak Bennas by 062 275 0026 of Phyllis by 083 727 3586 vir meer besonderhede.

Daar word beweer dat blootstelling aan Boeremusiek tot spontane uitbarstings van energie, vreugde en vrolikheid kan lei!

Dit is dus ‘n aktiwiteit wat versigtig aangepak moet word, maar as jy kans sien om die risiko te loop om onbeheerbaar vrolik te voel, kom kuier dan op 26 November vanaf 09:30 die oggend tot laataand saam met die Boeremusiek Gilde se Vaaldriehoektak in Bloekompoort, Midvaal.

Daar gaan gelag, gedans en gekuier word en vure, pap en sous sal voorsien word. ‘n Geringe toegangsfooi van R25 vir lede en R45 vir nie-lede sal betaalbaar wees. Oornaggeriewe is ook beskikbaar.

Die GPS-koördinate is S 26’45.078  en E 28’5.1789 400.

Kontak Bennas by 062 275 0026 of Phyllis by 083 727 3586 vir meer besonderhede.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button