Local newsNewsNews

Sangeres help kitaarvaardighede aanlyn slyp

Die plaaslike sangeres Yolandie de Bruto het gedurende haar musiekloopbaan diep spore in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf getrap. Nou bied sy ’n innoverende aanlynkursus vir beginners wat graag kitaar wil leer speel in die gemak van hul eie huies aan.

MEYERTON. – Yolandie se professionele musiekloopbaan het op 18-jarige ouderdom begin toe sy haar eerste CD in 1994 vrygestel het.

Haar musiek het blitsig ‘n treffers op Jacaranda Stereo geword en in 1997 het die CD-enkelsnit, Caravans, nog eerbewyse gebring.

Yolandie het vinnig ‘n huishoudelike naam geraak en het in haar jare in die musiekbedryf met groot name soos André Schwartz, Amor Vittone, Kevin Leo, Vicky Sampson en Matthys Roets saamgewerk.

Yolandie sê: “Soos enige vaardigheid, verg dit oefening om die kitaar te bemeester. Dit is maklik om vir iemand te sê om lesse te neem om kitaarspel te kan bemeester, maar dit is nie altyd maklik om die ideale lesse of leermeester te vind nie – veral nie lesse met ‘n persoonlike inslag nie”.

Yolandie se innoverende aanlynkursus word in 16 gebruikersvriendelike lesse aangebied.

Die volledige kursus bestaan uit 16 lesse.

Die volledige kursus beloop R3,500.

Vir ‘n spesiale Kersfeesaanbod, wat geldig is tot Kersdag, 25 Desember 2022, word die volledige kursus teen ‘n spesiale afslagprys van slegs R1,999 aangebied.

Besoek haar webwerf by www.toetentaal.com of stuur ’n e-pos aan toetentaal@gmail.com vir meer inligting.

Yolandie de Bruto. Foto: www.toetentaal.com

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button