Local newsNewsNews

Bikers wil Oom Hennie Booysen help

Waar is al die motorfietsryers en entoesiaste? Hierdie Saterdag is 'n groot dag!

MEYERTON. – Motorfietsryers trek op 26 November saam vir ‘n groot fondsinsamelingsdag ten bate van Hennie Booysen (66). Hennie, ‘n boorling van Heilbron, is bekend as die fotograaf by rallies.

Foto: verskaf

Kleintyd was hy in ‘n ongeluk betrokke waar hy sy bene beseer het. Onlangs het sy een linkerbeen weer begin moeilikheid gee en na onsuksesvolle operasies moes dit gamputeer word weens ‘n aneurisme in die waai van sy been.

Hy is tans nog in die hospitaal en die motorfietsryers, met Valhalla Vaal MC en Bounty Riders Midvaal aan die stuur, het besluit om Hennie se huis rolstoelvriendelik te maak.

Dit behels dat alles van die badkamer tot by die ingange omskep en vergroot moet word. Pieter Pretorius, President van Bounty Riders het gesê hulle het reeds heelwat boumateriaal ontvang en het ook reeds ‘n boukontrakteur wat die werk sal verrig.

Hulle benodig nog fondse en daarom het hulle die groot veiling en “day jol” gereël by die Bounty Riders se  klubhuis in Meyerton.

Hekke open om 10:00 en daar sal heelwat pret en lewendige vermaak wees. Ingang is R50 per persoon.

Indien enige iemand nog veiling items wil skenk of finansiële bydraes wil maak, kan hul vir Pieter kontak op WhatsApp. Sy nommer is 082 081 75 76.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button