Skitterland se skitter konsert
Die jongspan van Skitterland het oud en jonk met blink oë en hope energie vermaak.
VANDERBIJLPARK. – Donderdag, 10 November het die ouers, grootouers en uitgebreide families van die jongspan van Skitterland Montesorri Skool by die NG Kerk in Schumanstraat, SW5 saamgetrek.

Die opgewondenheid was voelbaar. Dit was tyd vir die jongelinge, van 18 maande tot 6 jaar, se groot konsert.
Die verhoog was pragtig getooi om ‘n regte towertuin uit te beeld. Die tema was A Secret Garden en het die tuin nie die oulikste inwoners gehad nie!

Daar was voëltjies, skoenlappers, bytjies, son goggatjies, swane, paddatjies, herfsblaartjies en verkleurmannetjies. Elkeen tog te pragtig in hul kostuums. Elke groepie het hul kans op die verhoog gehad en dit was ‘n kleurvolle skouspel van danse.

Die aand het ook gedien as gradeplegtigheid vir die 6-jariges wat volgende jaar groot skool toe gaan. Vir meer foto’s van die konsert en die gradeplegtigheid gaan besoek Skitterland Montessori Skool se Facebookblad.

