Hierdie handgemaakte kabouters was van die interessante items wat by Midvaal-privaathospitaal se Kersmark te koop was. Op die foto, van links na regs: Hester van Wyk (senior suster by Midvaal-privaathopsitaal se chirurgiese saal), Anneke Lingenfelder (van dr. Tamryn Phelps se spreekkamer) en Hannatjie van Deventer (eenheidsbestuurder by Midvaal-privaathopsitaal se chirurgiese saal en pediatriese saal) tydens die geleentheid. Foto: Christiaan Cloete
VEREENIGING. – Met minder as ’n maand oor voor Kersfees het verpleegpersoneel van die Midvaal-privaathospitaal in Drie Riviere op Vrydag 25 November ’n Kersmark in die hospitaal se parkeerterrein gehou.
Alles van tuisgebak, klere en handgemaakte items soos speelgoed en handsakke is by die mark verkoop.
Baie van die items is self deur die verpleegpersoneel gemaak.
Daar is ook twee skoonheidskompetisies gehou waaraan algemene werkers deelgeneem het.
Suster Hannetjie van Deventer, eenheidsbestuurder van die chirurgiese saal en pediatriese saal by die Midvaal-privaathospitaal wat het gehelp om die mark te reël, sê: “Ons verpleegsters is ’n talentvolle spul. Ons het besluit om die Kersmark te hou sodat veerpleegpersoneel hul talente kan uitstal en sommer ’n bietjie geld kan maak.”
Daar is ook lekker geesgevang tydens die funksie en die mark het gehelp om moraal te verbeter.
Die weer het ook lekker saamgespeel.
Wat sal ‘n Kersmark dan nou sonder ’n braai wees? Op die foto, van links na regs: Betty Khambule, Dineo Sekete, Ivy Vilakazi, Paulina Maduna (toesighouer), Loreen Makhudu, Mamisi Radebe, Sabie Maduna Martha Mbewe (toesighouer). Foto: Christiaan CloeteFredie Schnetler en Elana Gouws probeer van die oliebolle by Midvaal-privaathospitaal se Kersmark. Foto: Christiaan CloeteAstrid Pretorius en Linda Barnard van Midvaal-privaathospitaal by hul stalletjie tydens Midvaal-privaathospitaal se Kersmark. Foto: Christiaan CloeteKarin Prinsloo, ’n kraamsuster by Midvaal-privaathospitaal, met haar feestelike bril en hooftooisels. Foto: Christiaan Cloete
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!