
VANDERBIJLPARK. – Inwoners aan die bokant van Hadfieldstraat is moedeloos met water wat in die straat afloop.
Wat op Donderdag begin het as vars water wat uitborrel tussen 8 en 10 Hadfieldstraat, het in ‘n spuitfontein ontaard.

Die lek is al op Donderdag, 24 November gerapporteer. Tot op hede, Dinsdag, 29 November het niemand nog na die lek kom kyk nie.
Intussen loop die water al hoe laer in die straat af.
Die gat waaruit die water borrel word ook al hoe groter.
Pure vermorsing van kosbare water!
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
