Anker Skool se gewilde Kersmark is hier!
Kom deel Vrydag en Saterdag in die pret ... en bring genoeg geld saam want hier wag hope winskopies!
SPONSORED CONTENT
VANDERBIJLPARK – Die Anker Skool se jaarlikse Kersmark is weer voor die deur – ‘n hoogtepunt op baie inwoners se kalender!
Vanjaar se Kersmark word op 2 en 3 Desember gehou en beloof om weer iets vir ieder en elk aan te bied.
Die mark is al bekend vir die hoëgehalte gebruikersgoedere wat deur die skoolkinders self gemaak word. Dit getuig van vakmanskap omdat baie tyd en noukeurigheid saam met die onderwysers in die vervaardiging ingesit word.
Met ‘n toegangsfooi van slegs R10 per persoon is die mark baie bekostigbaar! (R50 per voertuig as jy in die skoolterrein wil parkeer). Dagboek dit sommer nou al en bring die hele gesin vir twee dae van pret en winskopies.
Enkele stalletjies is nog beskikbaar. Uitstallers wat graag plek wil bespreek, kan 084 222 5618 kontak.
Volg “Die Ankerskool” op Facebook vir meer inligting oor vanjaar se mark.








