Local newsNewsNews

Baie pret word beplan by Hoëveldse Tuine in Sasolburg

AfriForum se Sasolburg-tak het die jaar se werk op 26 November met ’n heerlike Kersmark in die Hoëveldse Tuine afgesluit. Die afgelope maand is 37,5 ha gras in Sasolburg gesny – baie daarvan in die Hoëveldse Tuine.

Dié tuine is deur die tak oorgeneem en is al baie mooi opgeknap. Alhoewel die reёn, wat vir Saterdag voorspel is, veroorsaak het dat van die stalletjies onttrek het, was dit nog steeds ’n baie geslaagde en gesellige dag.

“Dit is ’n uiters geslaagde projek wat die Sasolburg-tak aangepak het. Dis lekker om te sien dat die inwoners weer met hulle honde kom stap en die natuurskoon in die park geniet.

“Voëlkykers kan gerus ook die park besoek, aangesien daar nou ook ’n voerplek vir voëls is. Ek het baie groot waardering vir die harde werk wat die tak hier ingesit het om die tuine weer ’n spogplek te maak,” sê Alta Pretorius, distrikskoördineerder vir Mooirivier.

Volgens Johan Cooks, voorsitter van die Sasolburg-tak, is daar baie harde werk in die tuine ingesit.

“Dit is egter lekker om die eindresultaat te sien en dit met die gemeenskap te deel. Daar word beplan om die markte volgende jaar gereeld te hou.

“Daar sal met die uitstallers vergader word en dan sal die datums bekend gemaak word. Die tak beplan ook om volgende jaar fliekaande in die tuine aan te bied, wat ook ’n lekker bymekaarkomgeleentheid vir die gemeenskap kan wees.

“Daar word ook ’n heerlike Afrikaanse musiekfees beplan. Ons wil graag elkeen wat sy of haar deel gedoen het om so ’n groot verskil aan die Hoëveldse Tuine te maak bedank,” sluit Cooks af.

As jy graag by die Hoëveldse Tuine-projek betrokke wil raak, kontak gerus Johan by 083 230 9073.

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak: SMS “Sasolburg” na 45344 (R1).

Johan Roodt by sy blommestalletjie. Foto’s: Verskaf
Corrie Botha en Logan Schroder.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button