Local newsNewsNews

Voormalige wêreld-rekordhouer deur klub vereer

Die immergroen lang- en middelafstandatleet Marietjie Ceronio is onlangs tydens die Vaal Atletiekklub se jaareindfunksie, algemene jaarvergadering en 50ste bestaansjaarviering by Riviera on Vaal vereer vir die besonderse prestasies wat sy tydens haar atletiekloopbaan behaal het.

VEREENIGING. – Die klub het vroeër vandeesmaand tydens die geleentheid erelidmaatskap aan haar toegeken.

Dié oud-leerling van die Hoërskool Vereeniging word beskou as een van die top baan-, pad- en landloopatlete wat Suid-Afrika nog ooit opgelewer het.

Sy het haar nasionale kleure in atletiek, landloop en padwedlope 21 keer verdien.

Sy spog voorts met 50 SA-titels in meesters-atletiek wat sy van 1992 tot 2010 (10 000m, 5 000, 2000m-hindernis, 1500m en 800m) verwerf het.

Marietjie Ceronio in aksie in die 10 000m Wêreld Meesters Kampioenskap in Miyazaki in Japan.

Van 2003 tot 2010 het sy agt agtereenvolgende SA-titels in landloop verower.

Die kroonjuweel in haar atletiek versameling is die wêreldrekord in die 2000m hindernis (40-44 jaar) wat sy in 1997 in San Jose, California in die VSA in ‘n rekordtyd van 7:47.56 afgelê het.

Sy is ook in haar loopbaan 73 keer deur verskillende provinsiale- en klub sportliggame as Sportvrou van die Jaar aangewys.

Was dit nie vir sportisolasie weens Suid-Afrika se apartheidsbeleid nie, kon sy waarskynlik nog groter hoogtes bereik het.

Marietjie neem steeds elke Saterdag aan parkruns deel.

Sy hou verskeie rekords in haar ouderdomskategorie by parkruns regoor die Vaaldriehoek.

Ceronio is al vir baie jare deel van die Vaal Atletiekklub wat hierdie jaar sy 50ste bestaanjaar vier.

Die gebore en getoë Vaaldriehoeker, Marietjie Ceronio, het 21 keer haar Suid-Afrikaanse kleure in atletiek,landloop en padwedlope verwerf.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button