Local newsNewsNews

Motorfietsryers help hul ‘Oom Hennie’

'n Boer maak 'n plan en die motorfietsryers maak sommer twee en meer om hul geliefde fotograaf te help.

MEYERTON. – Motorfietsryers het op 6 November saamgetrek vir ‘n groot fondsinsamelingsdag ten bate van Hennie Booysen (66).

Hennie Booysen by die ‘trofee’ wat die motor­fietsryers vir hom geskenk het na die fondsinsamelingsdag. Hy is tans nog in die hospitaal, maar sterk goed aan. Foto’s: Verskaf.

Hennie, ‘n boorling van Heilbron, is by motorfietssaamtrekke bekend as die fotograaf. Almal ken hom as Oom Hennie.

Toe hy klein was, was hy in ‘n ongeluk betrokke waar hy sy bene beseer het. Onlangs het sy een linkerbeen weer begin moeilikheid gee en na onsuksesvolle operasies moes dit weens ‘n aneurisme in die waai van sy been, geamputeer word.

Hy is tans nog in die hospitaal, waar hy goed aansterk en hoop om eersdaags na ‘n rehabilitasiesentrum oorgeplaas te word.

Die motorfietsryers, met Valhalla Vaal MC en Bounty Riders Midvaal aan die stuur, het besluit om Hennie se huis rolstoelvriendelik te maak.

Veral sy huis se badkamer en toilet is te klein vir die rolstoel om gemaklik in te beweeg.
Pieter Pretorius, President van Bounty Riders, het gesê hulle het heelwat boumateriaal ontvang en het ook reeds ‘n boukontrakteur wat die werk sal verrig.

Saterdag se fondsinsamelingsdag het goed afgeloop en President Wayne Lendrum van die Valhalla Vaal MC sê hulle het sowat R30 000 ingesamel.

Die back-a-buddy projek is ook nog aan die gang.
“Dis goed om te sien daar is so baie mense wat nog omgee en saamstaan om te help,” het Wayne dankbaar gesê.

Almal het die dag geniet, veral omdat Hennie se familie die dag saam met hulle by die Bounty Riders se klubhuis kon deurbring.

Vanuit die hospitaal het Hennie laat weet dit gaan goed met hom en hy het almal bedank wat die dag gereël en bygewoon het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button