Uit my pen – Die week in Vaalweekblad
Vaalweekblad weer van 7 Desember te koop. Lees hier wat jy te wagte kan wees - wel van my kant af.
Die jaar staan einde se kant toe. Die derde laaste Vaalweekblad van 2022 is van Woensdag, 7 Desember beskikbaar.
Die week het ek by Ruan Vermaak gaan draai wat onlangs as die GTCoC se Junior Sakeman van die Jaar aangewys is. Die man werk hard en droom groot.
Dan maak ons kennis met Ludwig, wat as ‘n bondeltjie verdriet in Vanderbijlpark se begraafplaas gekry is, maar vandag ‘n pragtige viervoet is. Die storie het ‘n gelukkige einde!
Lees ook meer oor Just Dance Studio se Om die Wêreld konsert wat hul beplan vir 9 Desember.
In my rubriek, Ek sê maar net, gesels ek musiek en liedjies wat ongevraag in mens se kop vassteek.
Geniet die week.
Groetnis van huis tot huis.
