Annie – Lekkerste gebêre vir laaste
'n Pret vertoning vir die hele gesin. Vrydag, 9 Desember!
SASOLBURG. – Annie is ‘n musiekblyspel wat al vir jare harte verbly. Met lekker saamsing liedjies en hope pret is hierdie die ideale vertoning om die Desember vakansie mee af te skop.

Dis ook die laaste vertoning hierdie jaar by die Etienne Rousseau Teater in Sasolburg en ieder en elk word uitgenooi om na hierdie besonderse stuk te kom kyk.
Die Annie musiekblyspel word op die planke gebring deur die Pretoria Youth Theatre. Al die rolle word deur onder 18’s vertolk.
Die Vaal is natuurlik baie trots op ons eie Caitie Rock wat die hoofrol van Annie vertolk.
Kom deel in die avonture van Annie, haar hond Sandy en hul avonture Vrydag, 9 Desember om 15:00.
Kaartjies kan by www.ertickets.com bespreek word teen R180 per persoon. Pensioenarisse en skoliere betaal R150. Enkele kaartjies sal ook by die deure beskikbaar wees.
