Local newsNewsNews

Bhubezi Projects is 2022 Vaal Industriële Gholfliga-kampioen

VEREENIGING. - Gholf is 'n sport wat met 'n ryk geskiedenis en koffers vol tradisie spog. Hier in die Vaal spog die Industriële Gholfliga ook met 'n ryk geskiedenis, tradisies én 'n nuwe kampioenspan vir 2022.

Die Industriële Gholfliga se afsluiting is Saterdag, 26 November by die Riviera Gholfklub gehou. Hierdie jaar het Bhubezi Projects as wenners uit die stryd getree, met Mittal in die tweede plek en LTM in die derde plek.

Die Industriële Gholfliga is sedert 1954 ‘n hoogtepunt op die plaaslike gholfkalender. In hierdie liga kry maatskappye in die Vaaldriehoek die geleentheid om teen mekaar kompeterende gholf te speel en sodoende die maatskappye op sosiale gebied nader aan mekaar te bring.

Die formaat is as volg:
Elke span bestaan uit ses spelers wat opgedeel word in drie spanne van twee, wat dan in putjiespel-formaat (matchplay) teen ander spanne meeding.

Die liga skop aan die begin van die jaar af en die oogmerk is om een keer per maand teen ‘n ander span te speel. Daar word op al die plaaslike gholfbane gespeel met die oogmerk om verskillende gholfbane te ondersteun. Die gholfbane sluit in Emfuleni, Heron Banks, Maccauvlei, Parys en Riviera on Vaal.

Die punte word deurlopend bymekaar getel en teen die finale rondte, wat gewoonlik in November gespeel word, word die wenspan gekroon.

Die 2022 kampioenspan, Bhubezi, se totale span bestaan uit nege lede wat mekaar deur die jaar aflos.

* Die span wens spanlid Colin Brown beterskap toe. Hy moes onlangs ‘n operasie aan sy skouers ondergaan weens ‘n besering wat hy vroeër in die jaar opgedoen het.

Die wenspanne wat oor die afgelope 69 jaar die meeste met die Johnny Hartman wisseltroffee kon spog sluit in:

In die 1950’s en 60’s was dit veral Hubert Davis, Stewards & Lloyds, Hume Pipe en Hall Longmore.In die 1970’s was dit U.S.C.O, en Mitchell Cotts die spanne om te wen.In die 1980’s was U.S.C.O en E.M.S.A van die top spanne.
In die 1990’s het spanne van Iscor en Polifin op die voorgrond getree.
In 2000 tot 2010 het spanne van Office Plan, Sasol en ArcelorMittal met die meeste titels gespog.

Die wenners van 2011 tot 2022 sluit in:
2011 – Tradex
2012 – ArcelorMittal
2013 – Sasol
2014 – LTM
2015 – LTM
2016 – LTM
2017 – ArcelorMittal
2018 – ArcelorMittal
2019 – John Crane
2020 – Sasol
2021 – Sasol
2022 – Bhubezi Projects

Bhubezi Projects se spanlede is agter van links: Stehpen Louw, Flip Rosslee, Dawie Vos en Johan van der Walt. Voor: Hanue Collins en Jaco Prinsloo.
Willem Carstens (kaptein).
Colin Brown
Deon Serfontein

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button