Local newsNewsNews

Kom deel in ‘n ‘wêreld reis’

Deel in jong dansers se vreugde vir hul spesiale fondsinsamelingskonsert. Lees meer...

VANDERBIJLPARK. – Just Dance Studio bied op Vrydag, 9 Desember ‘n fondsinsamelingskonsert aan ten bate van Ons Gryse Jeug in Sasolburg en Chalkboard Champs sentrum vir kinders met spesiale behoeftes.

Die tema is Om die Wêreld en al die studio se dansers, asook die kinders van Chalk Board Champs gaan deelneem.

Toeskouers wat aan boord van die spesiale “vliegtuig” wil gaan moet om 18:00 by Laerskool Kollegepark wees.

Die vertoning beloof om ‘n draai in van die wêreld se mooiste lande te maak, alles op die maat van vrolike musiek uitgevoer deur belowende talent.

Leandi Goosen sê daar sal ook kort video’s van elke land gespeel word. Die kinders is reeds super opgewonde en hoop om voor ‘n vol saal op te tree.

Kaartjies beloop R100 per persoon. Daar sal ook ‘n donasiehouer wees vir ekstra donasies vir die twee instansies.

Vir navrae of besprekings, kontak Leandi Goosen by 0825556284.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button