Local newsNewsNews

“Laat Emfuleni-raad ontbind” vra Baloyi na aanhoudende diensleweringsmislukkings

Die voorsitter van ActionSA in Gauteng, Bongani Baloyi, het Woensdag (7 Desember 2022) gevra dat die raad van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit ontbind.

VEREENIGING. – Baloyi sê in ‘n verklaring wat deur die party uitgereik is dat ActionSA aan die Gautengse LUR vir samewerkende regering gaan skryf en vra dat hy die raad van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit ontbind en ‘n nuwe administrasie in terme van artikel 139 van die grondwet ingestel word.

Die rampsalige koalisie by Emfuleni – wat deur die ANC gelei word – het vir die afgelope 10 jaar gesukkel om die mees basiese dienste – soos elektrisiteit en water – te lewer terwyl die munisipaliteit se finansies agteruitgegaan het.

Dit het daartoe gelei dat Eskom onlangs op die munisipaliteit se voertuie beslag gelê het om sy skuld van R1.3 miljard te delg.

Intussen is die munisipaliteit reeds sedert 2018 onder adminstrasie weens sy stygende onreëlmatige uitgawes wat meer as R1 miljard beloop. Hierdie ingrypingsmaatreël het nie resultate gelewer nie dienslewering het versleg.

Dit situasie het nou so reg geraak dat inwoners en ondernemings, soos die ondernemings in Vereeniging se sakekern, hul betalings aan die munisipaliteit gestaak het weens die munisipaliteit se onvermoë om dienste aan inwoners te lewer – dit het tot ‘n situasie gelei waar inwoners nou R8 miljard aan die munisipaliteit skuld,” skryf Baloyi in die verklaring.

Baloyi sê ActionSA is van mening dat ‘n bekwame administrateur, wat meer geskik is om om die munisipaliteit se finansies te stabiliseer en diensleweringsproblem op te los, aangestel moet word.

Hy sê die provinsiale regering kan in terme an artikel 139 van die grondwet die raad van ‘n plaaslike munisipaliteit ontbind en ‘n administrateur aanstel indien daar uitsonderlike omstandighede is wat so ‘n stap regeverdig.

‘n Administrateur kan in die kort termyn help om die erge mislukkings van die plaaslike regering aan te spreek terwyl daar na langtermynoplossings gekyk word.

Die Gautengse provinsiale regering het vir drie jaar misluk om die kommerwekkende situasie by die munisipaliteit aan te spreek en dit is waarom dringende stappe geneem moet word om die situasie om te keer,” sê Baloyi.

ActionSA se verklaring.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button