Local newsNewsNews
Teixeira: 365 dae in die burgemeesterstoel
Rdh. Peter Teixeira, burgemeester van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit, is 'n jaar gelede as die burgemeester van die Midvaal Plaaslike Munsipaliteit verkies. Hy het Woensdag (7 Desember 2022) verslag gelewer oor wat sy administrasie in 'n jaar se tyd bereik het.
MIDVAAL. – Die munisipaliteit het onder Teixeira se leierskap sy negende agtereenvolgende skoon oudit ontvang en is onlangs deur die agentskap Ratings Afrika as die mees finansieël volhoubare munisipaliteit aangewys.
Teixeira het benadruk dat die skoon oudits in iets tasbaar moet manifesteer en dat inwoners dit moet kan voel en sien in die vorm van dienslewering.
Vaalweekblad het video van minder as 10 minute gemaak van ‘n paar van die hoogtepunte van Teixeira se toespraak vanoggend.
Die volle toespraak is op sosiale media beskikbaar.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
