Local newsNewsNews

Eureka se perdryers bederf

Eurekaskool se perry terapie leerlinge is onlangs lekker bederf.

SASOLBURG. – 11 November was ‘n groot dat vir die leerders van Eurekaskool wat deur die jaar perdryterapie gedoen het.

Hulle is vir hul jaarafsluiting vir die dag deur Happy Hooves bederf.

Die jongspan het hul verstom aan Tricky Trevor se toorkunsies

Agt skoolbussies met opgewonde leerders en personeel is onder begeleiding van Sekuriteit Sonder grense na die perdeplaas buite Sasolburg geneem.

Die weer wou nie heeltemal saamspeel nie, maar dit het niemand afgeskrik nie.

Die personeel van Happy Hooves het voluit gegaan en die leerders is bederf met lekkernye en gesenksakkies.

Mickey Muis was ‘n groot gunsteling

Elkeen se gesiggie is ook geverf en hulle het Tricky Trevor se towerkunsies baie geniet.
Pluto en Micky Muis was ook daar om die jongspan welkom te heet en die twee karakters was groot gunstelinge onder die leerders.

Die kinders se gesiggies het boekdele gespreek.

Santie Sauermann, die skool se skakelbeampte het gesê: “Ons is baie dankbaar vir almal wat hierdie geleentheid moontlik gemaak het, die kinders het dit terdeë geniet.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button