Kosie Weyers is die 2022 Hotrod-kampioen
VEREENIGING. - As jy die adrenalien reeds deur jou are kan voel bruis wanneer jy 'n renmotor hoor brul, dan moes jy verlede Saterdagaand by die Ultimate Outlaws Raceway gewees het vir die laaste ronde van die Nasionale Hotrod-toer.
‘n Rekord getal toeskouers het die pawiljoen volgepak en die jaers in al die wedrenklasse het met hul puik bestuursvernuf tot ‘n onvergeetlike aand bygedra.
Daar is twee klasse in die SA National Hotrod klas, die PRO & Pro -AM klas.
Die wenners van die byeenkoms is: 1. Kosie Weyers, 2. Jason Loosemore en 3. Seef Fourie. Kosie is na afloop van die aand as die algehele PRO-wenner van die jaar gekroon en WB van Niekerk die PRO-AM wenner vir 2022.
Daar het ook ‘n feestelike atmosfeer geheers met selfs ‘n Kersvader wat lekkergoed aan die kinders uitgedeel het. Die vuurwerkvertoning was beslis ook ‘n groot sukses (alle veiligheidsmaatreëls is gevolg om die publiek en deelnemers se veiligheid te verseker).



“Ons bedank al die toeskouers, werkers, borge, klublede en uitstallers wat tot die sukses van die 2022 seisoen bygedra het. Ons wens almal ‘n Geseënde Kersfees toe en mag 2023 ‘n goeie jaar wees vir almal,” het Freda Stols namens die bestuur van Ultimate Outlaws Raceway gesê.
Die uitslae van die Stockrods, wat eers later die week bekend gemaak is, is: 1. Schalk Pretorius, 2. Waldi Henning en 3. Marius Gouws.
Die ander uitslae van die byeenkoms is:
Ninja Midgets juniors:
1. Danelo Seiros, 2. Braam Burger en 3. Dewald Roos.
Ninja Midgets:
1. Rosa Seiros, 2. Ronaldo Seiros en 3. Tiaan Theron.
1660cc:
1. André Pitzer, 2. Warren Luck en 3. Dylan Lange.
Sprints:
1. JP Taljaard, 2. Willie Zurich en 3. Shane Carlson.
2L Hotrods:
1. Gerhard Koekemoer, 2. Gavin Botha en 3. Tokkos Joubert










