Local newsNewsNews

Vuurwerke en jou troeteldiere

Vuurwerke kan 'n traumatiese uitwerking op jou troeteldiere hê. Dit kan hul bloeddruk en hartklop laat styg en in sommige gevalle 'n veg-of-vlug reaksie tot gevolg hê.

Dit gebeur dikwels dat verskrikte diere hierdie tyd van die jaar hulself beseer wanneer hulle probeer ontsnap of weghardloop van die onophoudelike ontploffings om hulle.

Mike Bolhuis van Specialised Security Services waarsku dat die onregmatige private gebruik van vuurwerke die lewens van troeteldiere in gevaar kan stel.

Bolhuis stel voor dat troeteldiereienaars die volgende voorstorgmaatreëls oor Nuwejaar tref:

*Hou jou diere in die aand binne die huis wanneer jy verwag dat vuurwerke afgeskiet gaan word.

*Maak seker dat jou hond of kat ‘n mikroskyfie met ‘n GPS-toestel het.

*Maak seker dat jou troeteldier ‘n halsband met jou kontakbesonderhede op het sodat mense jou kan skakel indien hulle die dier vind.

*Skep ‘n veilige omgewing vir jou troeteldier – weg van oop plekke en vensters.

*Hou speelgoed en peuselhappies byderhand.

*Dit help soms om ‘n waaier, televisie of radio aan te skakel. Dit kan help om die harde geluide van vuurwerke te verbloem.

*Indien jy met vakansie gaan, reël met iemand om na jou troeteldier om te sien terwyl jy met vakansie is.

*Praat saggies in ‘n lae stem met jou troeteldier of vryf oor die troeteldier se lyf wanneer hulle gespanne is.

*Gaan stap met jou hond voor die klappers begin skiet.

*Besoek jou naaste veëarts en vind uit of hulle natuurlike middels het om jou troeteldier te help ontspan.

As troeteldiereienaar behoort jy te weet wat jou troeteldier nodig het om kalm te bly en veilig te voel. Moenie deel van die probleem wees nie. Moenie vuurwerke koop of klappers skiet nie,” versoek Bolhuis.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button