Local newsNewsNews

Nuwejaar skop op slegte noot af vir talle motoriste

Die Nuwejaar het op ’n slegte noot afgeskop vir talle motoriste wat rondom die Nuwejaar in verskeie ongelukke in en om Meyerton betrokke was.

MEYERTON. – In een van die ongelukke is ’n volwassene en twee kinders beseer toe die bestuurder van ’n silwer Mercedes Benz sedan glo in Mitchelstraat beheer oor die voertuig verloor en dit gerol het.

Volgens CERT-SA, ‘n nie-winsgewende organisasie wat bystand in noodgevalle bied, het die ongeluk in die omgewing van 15:00 gebeur.

Die insittendes was gelukkig en het slegs geringe beserings opgedoen.

Hulle is op die toneel behandel en na ‘n nabye hospitaal geneem vir behandeling.

Geen ander voertuie was in die ongeluk betrokke nie.

In ’n ander voorval op 31 Desember het ‘n bestuurder van ’n blou Opel beheer oor die voertuig verloor en in ‘n baksteenmuur langs Pierneefboulevard gebots.

Nooddienste en insleepdienste het ‘n bedrywige tyd gehad met al die ongelukke.

‘n Omstander kyk na die Mercedes Benz wat in die ongeluk gerol het. Foto: A Assist Towing
Die jaar 2022 het op ‘n slegte noot vir die bestuurder van ‘n blou Opel geëindig wat op 31 Desember 2022 in ‘n ongeluk in Pierneefboulevard betrokke was. Foto: A Assist Towing

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button