Local newsNewsNews

Vliegongeluk by Bass Lake eis lewens van toetsvlieënier en fotograaf

'n Toetsvlieënier en 'n fotograaf is dood nadat hul ligte vliegtuig Maandag (2 Januarie 2023) in Bass Lake by Henley on Klip neergestort het.

HENLEY ON KLIP. – Die Sling 2-vliegtuig met Kaptein Sean Russel (47), ‘n toetsvlieënier, en Dane Anthony Fourie (35), ‘n fotograaf, aan boord het glo by die Tedderfield-lughawe opgestyg en oor Bass Lake gevlieg toe dit neergestort het.

Volgens ooggetuies het die vliegtuig oor suid-westelike wal oor Bass Lake gevlieg en toe laag gedaal.

Die vliegtuig het laag oor die water gevlieg en toe skerp probeer klim teen die noord-oostelike helling op.

Dit is toe wat die vliegtuig glo gestol en uit die lug geval het.

Blykbaar het die vliegtuig twee keer op die water gehop voordat dit tot die bodem afgesink het.

Die meeste van die skade is aan die voorkant van die vliegtuig.

Die regterkanste vlerk het vermoedelik tydens impak afgebreek.

Alan Pepper, algemene bestuurder van Bass Lake, by die vliegtuig wat Maandag (2 Januarie 2023) daar neergestort het. Foto: Christiaan Cloete

Lede van die Midvaal Brandweer, die Nasionale Seereddingsinstituut, ER24, die polisie se honde-eenheid en polisieduikers was Maandagaand op die toneel en het Russel en Fourie se lyke omstreeks 20:30 uit die water gehaal.

Die vliegtuig is die volgende dag (Woensdagoggend, 3 Januarie 2023) met behulp van ‘n hyskraan wat deur Afrimat voorsien is uit die water gelig.

Sisa Majola, ‘n woordvoerder vir die burgerlugvaartowerheid, het die voorval bevestig.

Hy sê die vliegongeluk het Maandag omstreeks 18:10 gebeur.

Die vliegtuig is Dinsdagoggend (3 Januarie 2023) met behulp van ‘n hyskraan uit die water gelig. Foto: Christiaan Cloete

Die vliegtuig het van die Tedderfield-lughawe in Gauteng opgestyg met twee mense aan boord en sou op dieselfde lughawe land.

Beide die vlieënier en die passasier het noodlottige beserings opgedoen en die vliegtuig het aansienlike skade in die voorval opgedoen.

Die vliegtuig het met die waterliggaam gebots en toe tot die bodem afgesink.

Ondersoekers is ontbied en het is tans besig om bewyse in te samel om te bepaal hoe die ongeluk gebeur het,” het Majola in ‘n verklaring gesê.

‘n Voorlopige verslag oor die vliegongeluk behoort volgens hom binne ongeveer 30 dae beskikbaar te wees.

‘n Vriende van Russel beskryf hom as ‘n ervare vlieënier.

Russel was glo ‘n toetsvlieënier wat Sling se vliegtuie uitgetoets het.

Hy het blykbaar by die Tedderfield-lughawe gebly.

Fourie was glo ‘n fotograaf.

‘n Ondersoek word gedoen om te bepaal hoe die vliegongeluk gebeur het. Foto: Christiaan Cloete
Duikers het Dinsdagoggend die vliegtuigwrak uit die water gelig. Foto: Christiaan Cloete
Kaptein Sean Russel was ‘n ervare toetsvlieënier. Foto: Verskaf
Dane Anthony Fourie wat in die vliegongeluk omgekom het. Foto: Verskaf
Bass lake (op die foto) met die plek waar die vliegtuig tot by die bodem afgesink het (omkring in rooi). Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button